top of page

Welkom by Wandel in die Woord

 

Die Bybel is nie 'n onverstaanbare boek wat slegs vir geleerdes bedoel is nie. By Wandel in die Woord glo ons dat elke gelowige die vermoë en verantwoordelikheid het om God se Woord akkuraat te lees, te verstaan en toe te pas.

 

Ons is daartoe verbind om gewone gelowiges te help om die Bybel te bestudeer en in hul daaglikse lewe toe te pas. Ons doel is om gelowiges toe te rus om geestelik te kan groei tot volwassenheid in Christus.

Quiet Forest

​​Hoe Ons Gelowiges Toerus:

  • Bybelstudiegroepe waar jy in gemeenskap en verantwoordbaarheid kan leer en groei.

  • Werkswinkels wat fokus op die basiese beginsels van Bybelstudie, die aanleer van vaardighede asook geleentheid vir praktiese oefening.

  • Bybelstudies wat jy gratis kan aflaai.

  • Aanvullende Hulpbronne wat bykomende insigte en praktiese gereedskap vir Bybelstudie bied.

  • Leiersopleiding van Bybelstudie leiers om ander te lei en te mentor.

​

Ons begeerte is dat gelowiges toeneem in Christus gelykvormigheid, wandel soos Hy gewandel het, vrug dra in elke goeie werk, groei in die kennis van Hom, en 'n lewe lei wat God waardig is –  tot lof van Sy heerlikheid.

 

'n Uitnodiging:

As jy ‘n begeerte het om jou Bybelstudie te verdiep en geestelik te groei, nooi ons jou uit om die webtuiste te verken. Kom streef saam na Christus gelykvormigheid en leef 'n lewe wat God vereer.

Green Leaves_edited.jpg

Bybelstudiemateriaal

Kliek Hier

Rubber Plant

Werkswinkels

Branch in a Glass Jar

Oor Ons

Image by Sarah Dorweiler

Kontak Ons

2 TIMOTEUS 3:16-17

Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.

(Afr '20)

bottom of page